pakplek [boodskap #144866] |
Mon, 25 March 2024 18:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pakplek
Afbreking: pak•plek
Samestelling: pak + plek
Selfstandige naamwoord: pakplek
Meervoud: pakplekke
Verkleinwoord: pakplekkie
Meervoud van verkleining: pakplekkies
Betekenis:
• 'n Plek waar iets gepak/gebêre/bewaar word.
Gebruik:
• Die motor se kattebak is groot en daar is ook baie pakplek aan die binnekant.
Sinoniem:
• bêreplek
• bergplek
• bergruimte
• laaikas
• laairuimte
• stoorplek
Vertaling:
Engels: storage space
Nederlands: opslagruimte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|