Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Herfs en Holidays
Re: Herfs en Holidays [boodskap #18257] Wo, 14 Oktober 1998 00:00
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Henry van Zyl wrote in message
...
> Interessant om te lees van Gloudina dat hulle reeds in Kanada
> Thanksgiving gevier het. In die VSA vier ons dit eers 26 November.
> snip Hierdie jaar
> sal ons as gesin ons eerste Thanksgiving saam kan vier.

Hierdie jaar is vir ons ons eerste Halloween en Thanksgiving as a gesin.
Vir my seuns is dit hulle heel eerste Halloween ooit, en word daar so
gesukkel om die opgewondenheid in toom te hou. My seuns is 12 en 13 en wil
hê dat ek soos 'n heks aantrek en saam met hulle in die strate gaan "trick
or treat". Ek kon nog nie besluit of ek uitsien na die besigheid of nie ...

Ek wens ons het SA-gesinne in die omgewing gehad - miskien is daar, ek weet
nie. Ek sou graag 'n lekker braai saam met Suid-Afrikaners wou hê. Die
probleem natuurlik met Thanksgiving is dat almal kalkoen eet, behalwe ek.
Almal kyk my altyd met sulke groot verbasing aan dat ek nie kalkoen eet nie,
so manlief is geforseer om hoender saam met my te eet. Ek dink nie my seuns
gee om wat hulle eet nie, kalkoen of hoender.

Dit is die een ding wat ek hier geleer het. Wanneer Halloween hier is, is
die jaar verby, want soos jy sê is Kersfeesprodukte al beskikbaar en
Thanksgiving was nog nie eens hier nie. Ek het altyd gedink die tyd vlieg
vinnig in SA, maar hier is dit definitief nog vinniger met Kersversierings
ens. wat so vroeg uitkom. Dit voel net vir soos gister toe ek jou artikel
gelees het oor jou eerste Kersfees hier.

Ek hoop julle geniet Halloween, Thanksgiving en Kersfees. En as julle dit
geniet saam met ander Suid-Afrikaners, dra my groete oor.

Van 'n eensame Suid-Afrikaner hier in Micky Muisland.

Julie

Deadbeat dads who have money and time for everything else except fulfilling
their obligations to the support and wellbeing of their kids belong in jail.
(March 4th, 1995)

Visit my website: http://www.bigfoot.com/~gotravel
Page me: http://wwp.mirabilis.com/1624030
For my always up-to-date contact information:
http://www.planetall.com/main.asp?cid=1263596
Vorige onderwerp: Kopieregroof Hmmmm........
Volgende onderwerp: Re: Oor Lake Erie en Detroit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 03:39:15 MGT 2024