witbrood [boodskap #144847] |
Tue, 19 March 2024 11:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
witbrood
Afbreking: wit•brood
Samestelling: wit + brood
Selfstandige naamwoord: witbrood
Meervoud: witbrode
Verkleinwoord: witbroodjie
Meervoud van verkleining: witbroodjies
Betekenis:
• Brood van fyn gesifte meel, sonder semels, wat wit is van kleur.
Gebruik:
• Verkies jy bruin- of witbrood?
Spreekwoord:
• Kla met 'n witbrood onder die arm. [Kla terwyl dit eintlik goed gaan.]
Antoniem:
• bruinbrood
Vertaling:
Engels: white bread
Nederlands: witbrood, wittebrood
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|