Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vroegtydig
vroegtydig [boodskap #144833] Sat, 16 March 2024 18:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vroegtydig
Afbreking: vroeg•ty•dig
Samestelling: vroeg + tyd + -ig


Byvoeglike naamwoord: vroegtydig
Attributief: vroegtydige

Betekenis:
• Voordat dit te laat is.
• Vroeër as gewoonlik.

Gebruik:
• Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
• Die aktrise se vroegtydige dood het almal geskok.

Sinoniem:
• betyds
• eerder
• prematuur
• voortydig
• vroeër

Afgelei:
• vroegtydigheid

Vertaling:
Engels: early, in good time
Nederlands: vroegtijdig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: borskanker
Volgende onderwerp: mammogram
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 05:10:01 UTC 2025