sameswering [boodskap #144801] |
Tue, 12 March 2024 13:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sameswering
Afbreking: sa•me•swe•ring
Samestelling: saamsweer + -ing
Selfstandige naamwoord: sameswering
Meervoud: samesweringe, sameswerings
Verkleinwoord: sameswerinkie
Meervoud van verkleining: sameswerinkies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van saamsweer. 'n Geheime plan om iets slegs te doen.
Gebruik:
• Die mans word aangekla van moord, poging tot moord en sameswering om moord te pleeg.
Sinoniem:
• gekonkel
• komplot
• medepligtigheid
• samespanning
Verwant:
• samesweerder
Vertaling:
Engels: conspiracy, plot
Nederlands: samenzwering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|