plantestand [boodskap #144761] |
Wed, 06 March 2024 14:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plantestand
Afbreking: plan•te•stand
Samestelling: plante + stand
Selfstandige naamwoord: plantestand
Meervoud: plantestande
Betekenis:
• Die aantal plante per oppervlakte. Hoe dig op mekaar plante groei of aangeplant is.
Gebruik:
• Om die opbrengs te optimeer moet die plantestand en spasiëring van die saailinge deeglik beplan word.
Wisselvorm:
• plantstand
Sinoniem:
• plantdigtheid
Vertaling:
Engels: plant density
Nederlands: plantenstand, plantdichtheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|