denkskool [boodskap #144756] |
Mon, 04 March 2024 19:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
denkskool
Afbreking: denk•skool
Samestelling: denk (dink) + skool
Selfstandige naamwoord: denkskool
Meervoud: denkskole
Betekenis:
• 'n Opinie wat deur 'n bepaalde groep gehuldig word.
Gebruik:
• Daar is twee denkskole met verskillende benaderings tot die saak.
Sinoniem:
• benadering
• siening
Vertaling:
Engels: school of thought
Nederlands: denkschool
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|