aandraai [boodskap #144741] |
Sun, 03 March 2024 07:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aandraai
Afbreking: aan•draai
Samestelling: aan + draai
Werkwoord: draai aan, aandraai
Verlede tyd: het aangedraai
Betekenis:
• Om vaster of verder te draai.
• Om iets met 'n draaiknop in werking te stel of hoër te draai.
Gebruik:
• Jy moet al die boute aandraai.
• Sy draai die gas aan. Hy het die radio aangedraai.
Spreekwoord:
• Briek aandraai. [Dinge stadiger vat.]
• Iemand se band aandraai. [Hom kortvat of dwing.]
Sinoniem:
• briek
• rem
• vasdraai
• vasmaak
• vasstel
• aanskakel
• aktiveer
• opdraai
Antoniem:
• afdraai
• losdraai
Afgelei:
• briekaandraai
Vertaling:
Engels: to fasten, tighten; to turn up, switch on
Nederlands: aandraaien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|