woordoortolligheid [boodskap #144736] |
Sat, 02 March 2024 11:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woordoortolligheid
Afbreking: woord•oor•tol•lig•heid
Samestelling: woord + oortolligheid
Selfstandige naamwoord: woordoortolligheid
Meervoud: woordoortollighede
Betekenis:
• Teks waaruit woorde weggelaat kan word sonder om die betekenis daarvan te verander.
Gebruik:
• Let op die woordoortolligheid in die sin "In my persoonlike mening is dit 'n ronde sirkel en nie 'n hoekige vierkant nie."
Sinoniem:
• pleonasme
Vertaling:
Engels: pleonasm
Nederlands: pleonasme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|