rigtingwyser [boodskap #144725] |
Thu, 29 February 2024 16:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rigtingwyser
Afbreking: rig•ting•wy•ser
Samestelling: rigting + wyser
Selfstandige naamwoord: rigtingwyser
Meervoud: rigtingwysers
Verkleinwoord: rigtingwysertjie
Meervoud van verkleining: rigtingwysertjies
Betekenis:
• Iets wat die rigting aandui ('n flikkerlig, kompasnaald, die poolster, ens.)
Gebruik:
• Soos padtekens die rigtingwysers op die paaie is, so moet die Bybel die rigtingwyser in jou lewe wees.
Sinoniem:
• rigtingaanwyser
Vertaling:
Engels: direction indicator
Nederlands: richtingaanwijzer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|