verontskuldiging [boodskap #144713] |
Mon, 26 February 2024 10:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verontskuldiging
Afbreking: ver•ont•skul•di•ging
Samestelling: verontskuldig + -ing
Selfstandige naamwoord: verontskuldiging
Meervoud: verontskuldiginge, verontskuldigings
Betekenis:
• 'n Argument ter regverdiging in die hoop om 'n beskadigde verhouding te herstel.
Gebruik:
• Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. [Romeine 1:20]
Sinoniem:
• ekskuus
• justifikasie
• kondonering
• regverdiging
• skuldverligting
• verdediging
• verskoning
Vertaling:
Engels: apology, excuse, justification
Nederlands: verontschuldiging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|