weekhartig [boodskap #144704] |
Sat, 24 February 2024 17:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weekhartig
Afbreking: week•har•tig
Samestelling: week + hart + -ig
Byvoeglike naamwoord: weekhartig
Vergrotende trap: weekhartiger
Oortreffende trap: weekhartigste
Attributief: weekhartige
Partitief: weekhartigs
Betekenis:
• Met 'n week (sagte of swak) hart.
Gebruik:
• Die fliek is gewelddadig en beslis nie vir weekhartige mense bedoel nie.
Sinoniem:
• emosioneel
• jammerhartig
• liefdevol
• medelydend
• oorgevoelig
• saggeaard
• sentimenteel
• teergevoelig
• teerhartig
Afgelei:
• weekhartigheid
• weekhartiges
Vertaling:
Engels: soft-hearted, tender-hearted
Nederlands: weekhartig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|