denkbaar [boodskap #144695] |
Fri, 23 February 2024 19:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
denkbaar
Afbreking: denk•baar
Samestelling: denk (dink) + -baar
Byvoeglike naamwoord: denkbaar
Attributief: denkbare
Partitief: denkbaars
Betekenis:
• Wat moontlik is; wat kan gebeure.
Gebruik:
• Sonder die ossewa sou die Groot Trek inderdaad ook nie denkbaar wees nie.
Sinoniem:
• begryplik
• moontlik
• waarskynlik
Antoniem:
• ondenkbaar
Afgelei:
• denkbaarheid
Vertaling:
Engels: conceivable, thinkable, imaginable
Nederlands: denkbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|