uitlewer [boodskap #144694] |
Fri, 23 February 2024 19:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitlewer
Afbreking: uit•le•wer
Samestelling: uit + lewer
Werkwoord: lewer uit, uitlewer
Verlede tyd: het uitgelewer
Betekenis:
• Om iemand oor te gee (soos aan die polisie of 'n ander land).
Gebruik:
• Die een broer sal die ander uitlewer om doodgemaak te word. [Matteus 10:21]
Sinoniem:
• oordra
• oorgee
• versaak
• verraai
Afgelei:
• uitlewerbaar
• uitlewering
Vertaling:
Engels: to deliver, turn over, extradite
Nederlands: uitleveren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|