ark [boodskap #144692] |
Fri, 23 February 2024 10:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ark
Afbreking: ark
Selfstandige naamwoord: ark
Meervoud: arke
Verkleinwoord: arkie
Meervoud van verkleining: arkies
Betekenis:
• Vaartuig om in te woon.
• Heilige kis van die Jode waarin die wet bewaar is.
Gebruik:
• Die water het meer en sterker geword en die ark het op die waters begin dryf. [Genesis 7:18]
• Die ark het draaghoute gehad waarmee dit van plek tot plek gedra is.
Spreekwoord:
• Dit kom uit Noag se ark. [Dis baie oud.]
• Die ark is vandag behoorlik oop. [Almal kom kuier.]
Sinoniem:
• ekostelsel
• woonskip
Afgelei:
• ruimte-ark
• verbondsark
Vertaling:
Engels: ark
Nederlands: ark
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|