bedenklik [boodskap #144688] |
Thu, 22 February 2024 18:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedenklik
Afbreking: be•denk•lik
Byvoeglike naamwoord: bedenklik
Vergrotende trap: bedenkliker
Oortreffende trap: bedenklikste
Attributief: bedenklike
Partitief: bedenkliks
Betekenis:
• Waaraan 'n mens twyfel.
• Wat in 'n baie slegte toestand is.
Gebruik:
• Die koerant se verslaggewing is ook maar bedenklik.
• Die man is in 'n bedenklike toestand nadat hy met 'n mes gesteek is.
Sinoniem:
• bedrieglik
• onseker
• twyfelagtig
• ellendig
• ernstig
• gevaarlik
• haglik
• krities
• onrusbarend
• prekêr
Afgelei:
• bedenklikheid
Vertaling:
Engels: critical, serious; suspicious, questionable
Nederlands: kritisch; verdacht, twijfelachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|