Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanvang
aanvang [boodskap #144686] Wed, 21 February 2024 19:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvang
Afbreking: aan•vang


Werkwoord: vang aan, aanvang
Verlede tyd: het aangevang

Betekenis:
• Om te begin.
• (informeel) Om iets te doen.

Gebruik:
• Wanneer vang die konsert aan?
• Wat vang jy aan? Ons het allerhande kattekwaad aangevang.

Vertaling:
Engels: to begin, start, commence; to do
Nederlands: aanvangen


Selfstandige naamwoord: aanvang
Meervoud:

Betekenis:
• Die begin van iets.

Gebruik:
• Die aanvang van die siekte kan geleidelik of skielik wees.

Sinoniem:
• aanbreek
• begin

Afgelei:
• aanvangsbouler
• aanvangsfase
• aanvangsgebed
• aanvangskapitaal
• aanvangskolwer
• aanvangsposisie
• aanvangspunt
• aanvangsituasie
• aanvangstadium
• aanvangstarief
• aanvangstemperatuur
• aanvangsterm
• aanvangswaarde

Vertaling:
Engels: commencement, inception, beginning
Nederlands: aanvang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afdwaal
Volgende onderwerp: beroepskeuse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 18:56:09 UTC 2024