stroomlyn [boodskap #144682] |
Tue, 20 February 2024 20:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stroomlyn
Afbreking: stroom•lyn
Samestelling: stroom + lyn
Werkwoord: stroomlyn
Verlede tyd: het gestroomlyn
Betekenis:
• Om meer effektief en vaartbelyn te maak.
Gebruik:
• Die proses is kompleks en moet gestroomlyn word.
Sinoniem:
• vereenvoudig
Vertaling:
Engels: to streamline
Nederlands: stroomlijnen
Selfstandige naamwoord: stroomlyn
Meervoud: stroomlyne
Betekenis:
• Lyn waarlangs 'n stroom beweeg (soos met water, lug, elektrisiteit, ens.)
Gebruik:
• Die wet op energiebehoud bepaal dat alle vorme van meganiese energie in 'n vloeistof langs 'n stroomlyn dieselfde is vir al die punte op daardie stroomlyn.
Vertaling:
Engels: streamline
Nederlands: stroomlijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|