vergeleke [boodskap #144660] |
Fri, 16 February 2024 14:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vergeleke
Afbreking: ver•ge•le•ke
Byvoeglike naamwoord: vergeleke
Betekenis:
• In vergelyking met.
Gebruik:
• Die nagadder het groot gifkliere vergeleke met ander slange van dieselfde grootte.
Sinoniem:
• opgeweeg
• relatief
• vergelykend
Vertaling:
Engels: in comparison with, compared to
Nederlands: vergeleke
Nota:
• Sterk verlede deelwoord van die werkwoord vergelyk.
• Daar is nooit 'n "in" voor "vergeleke" nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|