Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » omkom
omkom [boodskap #144657] Vr, 16 Februarie 2024 08:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omkom
Afbreking: om•kom
Samestelling: om + kom


Werkwoord: kom om, omkom
Verlede tyd: het omgekom

Betekenis:
• Om as gevolg van 'n gebeurtenis (soos 'n ongeluk, honger of dors) dood te gaan.
• Om êrens 'n draai te maak; besoek aflê.

Gebruik:
• Die soldaat het in die oorlog omgekom.
• Ek sal môre daar omkom om die pakkie af te lewer.

Sinoniem:
• afsterf
• beswyk
• doodgaan
• heengaan
• ontslaap
• sneuwel
• sterf
• sterwe
• vergaan
• verongeluk
• aankom
• kuier
• rondkom
• verbykom

Vertaling:
Engels: to perish; to come round
Nederlands: omkomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grootheid
Volgende onderwerp: nagwaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 10:06:58 MGT 2024