regskape [boodskap #144652] |
Thu, 15 February 2024 06:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
regskape
Afbreking: reg•ska•pe
Samestelling: reg (goed) + (ge)skape
Byvoeglike naamwoord: regskape
Vergrotende trap: meer regskape, regskapener
Oortreffende trap: mees regskape, regskapenste
Attributief: regskapene
Betekenis:
• Wat goeie morele norme en waardes onderhou.
Gebruik:
• 'n Heilige in die Roomse en Ortodokse Kerk is 'n persoon wat besonder gelowig en regskape gelewe het.
Sinoniem:
• beskaaf
• billik
• deugsaam
• edelmoedig
• eerbaar
• eervol
• fatsoenlik
• ordentlik
• opreg
Afgelei:
• regskapenheid
Vertaling:
Engels: righteous, virtuous
Nederlands: rechtschapen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|