Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Taiwan
Afbreking: Tai•wan
Pleknaam: Taiwan
Betekenis:
• Die nie-amptelike naam vir die Republiek Sjina, 'n land in Oos-Asië.
• 'n Eiland in die Stille Oseaan waarop dié land gesetel is, vantevore bekend as Formosa.
Gebruik:
• Taiwan se verhouding met die Volksrepubliek Sjina is een van die mees ingewikkelde vraagstukke van die internasionale politiek.
• Naas die hoofeiland Taiwan sluit die Republiek Sjina 'n reeks kleiner eilande in.
Afgelei:
• Taiwannees
• Taiwanner
• Taiwans
Vertaling:
Engels: Taiwan
Nederlands: Taiwan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.