terreur [boodskap #144635] |
Tue, 13 February 2024 10:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terreur
Afbreking: ter•reur
Selfstandige naamwoord: terreur
Meervoud: –
Betekenis:
• Geweldpleging om 'n politieke of ander doel te bereik deur vrees en paniek onder die bevolking te saai.
Gebruik:
• Verskeie klopjagte is uitgevoer om mense wat terreur finansier te arresteer.
Sinoniem:
• skrikbewind
Hiponiem:
• staatsterreur
Afgelei:
• terreuraanval
• terreurbewind
• terreurdaad
• terreurgroep
• terreurveldtog
• terreurverdagte
Vertaling:
Engels: terror
Nederlands: terreur
Nota:
• Van Latyn, terrere, wat om te "laat bewe" beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|