outokraties [boodskap #144620] |
Mon, 12 February 2024 08:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
outokraties
Afbreking: ou•to•kra•ties
Byvoeglike naamwoord: outokraties
Vergrotende trap: outokratieser
Oortreffende trap: outokratiesste
Attributief: outokratiese
Betekenis:
• Wat eiehandig besluite neem en sonder oorleg met ander optree.
Gebruik:
• Sy bestuurstyl is ook in die algemeen as outokraties beskou.
Sinoniem:
• baasspelerig
• despoties
• diktatoriaal
• ondemokraties
• onderdrukkend
• tiranies
Antoniem:
• demokraties
Verwant:
• outokraat
• outokrasie
Vertaling:
Engels: autocratic
Nederlands: autocratisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|