spitsvondigheid [boodskap #144614] |
Sun, 11 February 2024 08:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spitsvondigheid
Afbreking: spits•von•dig•heid
Samestelling: spitsvondig + -heid
Selfstandige naamwoord: spitsvondigheid
Meervoud: spitsvondighede
Betekenis:
• Die toestand van spitsvondig wees, of iets wat spitsvondig klink.
Gebruik:
• Sy toespraak was vol kwinkslae en spitsvondighede.
Sinoniem:
• geestigheid
• gevatheid
• komieklikheid
• pittigheid
• skerpsinnigheid
• slimheid
• slimmigheid
• snedigheid
• vermaaklikheid
Vertaling:
Engels: shrewdness, cleverness, sharp-mindedness
Nederlands: spitsvondigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|