doodslag [boodskap #144605] |
Sat, 10 February 2024 10:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doodslag
Afbreking: dood•slag
Samestelling: dood + slag
Selfstandige naamwoord: doodslag
Meervoud: doodslae
Betekenis:
• Moord sonder opset; iemand doodmaak sonder om dit te bedoel.
• 'n Slag/hou wat iemand se dood veroorsaak, soms figuurlik, 'n handeling/toestand wat iets tot 'n einde bring.
Gebruik:
• Die aanklag is van moord na doodslag verander.
• As gevolg van die pandemie is die wêreldekonomie amper 'n doodslag toegedien.
Sinoniem:
• manslag
• doodhou
• doodskoot
• nekslag
Vertaling:
Engels: homicide, manslaughter; death blow
Nederlands: doodslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|