borgtogaansoek [boodskap #144596] |
Fri, 09 February 2024 13:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
borgtogaansoek
Afbreking: borg•tog•aan•soek
Samestelling: borgtog + aansoek
Selfstandige naamwoord: borgtogaansoek
Meervoud: borgtogaansoeke
Verkleinwoord: borgtogaansoekie
Meervoud van verkleining: borgtogaansoekies
Betekenis:
• 'n Aansoek om (teen 'n bedrag) voorlopig op borgtog vrygelaat te word.
Gebruik:
• Die beskuldigde se borgtogaansoek het gister weer in die landdroshof voorgekom, maar hy het nie borg gekry nie.
Sinoniem:
• borgaansoek
Afgelei:
• borgtogaansoeker
Vertaling:
Engels: bail application
Nederlands: verzoek om borgtocht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|