meerdoelig [boodskap #144590] |
Wed, 07 February 2024 19:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meerdoelig
Afbreking: meer•doe•lig
Samestelling: meer + doel + -ig
Byvoeglike naamwoord: meerdoelig
Vergrotende trap: meerdoeliger
Oortreffende trap: meerdoeligste
Attributief: meerdoelige
Betekenis:
• Wat meer as een doel/funksie het.
Gebruik:
• Die stadion is meerdoelig en kan vir atletiek, rugby- en sokkerwedstryde gebruik word.
Sinoniem:
• multifunksioneel
• veeldoelig
• veelsydig
Afgelei:
• meerdoeligheid
Vertaling:
Engels: multi-purpose
Nederlands: veelzijdig, multifunctioneel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|