teenstrydig [boodskap #144586] |
Mon, 05 February 2024 19:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teenstrydig
Afbreking: teen•stry•dig
Samestelling: teenstryd + -ig
Byvoeglike naamwoord: teenstrydig
Vergrotende trap: teenstrydiger
Oortreffende trap: teenstrydigste
Attributief: teenstrydige
Partitief: teenstrydigs
Betekenis:
• Wat in teenstryd is; nie ooreenkom nie.
Gebruik:
• Die verdagte se verklaring is teenstrydig met sy vroeëre uitlatings.
Sinoniem:
• antiteties
• botsend
• dwarstrekkerig
• inkonsekwent
• onverenigbaar
• onversoenbaar
• paradoksaal
• steeks
• strydend
• strydig
• teenoorgesteld
• verskillend
• wederstrewig
• weersprekend
Antoniem:
• ooreenstemmend
Afgelei:
• teenstrydigheid
Vertaling:
Engels: conflicting, contradictory, clashing
Nederlands: tegenstrijdig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|