treursang [boodskap #144565] |
Sat, 03 February 2024 12:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
treursang
Afbreking: treur•sang
Samestelling: treur + sang
Selfstandige naamwoord: treursang
Meervoud: treursange
Betekenis:
• Treurige lied waarin daar oor 'n situasie (soos die verlies van 'n beminde) gekla word.
Gebruik:
• Toe hy die swaan se treursang aanhoor het hy self bedroef geraak.
Sinoniem:
• elegie
• jammerlied
• jeremiade
• klaaglied
• lamentasie
• lyksang
• monodie
• roulied
• treurlied
Antoniem:
• feeslied
Afgelei:
• treursanger
Vertaling:
Engels: lament, elegy
Nederlands: treurzang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|