strooptog [boodskap #144557] |
Fri, 02 February 2024 20:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
strooptog
Afbreking: stroop•tog
Samestelling: stroop + tog
Selfstandige naamwoord: strooptog
Meervoud: strooptogte
Verkleinwoord: strooptoggie
Meervoud van verkleining: strooptoggies
Betekenis:
• 'n Tog (reis) wat onderneem word om goedere te buit en 'n plek leeg te steel.
Gebruik:
• Die Dene het talle strooptogte teen die Engelse kus uitgevoer.
Sinoniem:
• plundering
• plundertog
• rooftog
• stroopparty
Vertaling:
Engels: raid, plundering expedition
Nederlands: strooptocht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|