Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onnatuurlik
onnatuurlik [boodskap #144551] Fri, 02 February 2024 08:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
onnatuurlik
Afbreking: on•na•tuur•lik
Samestelling: on- + natuurlik


Byvoeglike naamwoord: onnatuurlik
Vergrotende trap: onnatuurliker
Oortreffende trap: onnatuurlikste
Attributief: onnatuurlike
Partitief: onnatuurliks

Betekenis:
• Wat nie natuurlik is nie.

Gebruik:
• As die sterfte onnatuurlik was, moet dit deeglik ondersoek word.
• Die onnatuurlike lang stiltes maak haar ongemaklik.

Antoniem:
• natuurlik

Sinoniem:
• abnormaal
• bisar
• geaffekteerd
• gedwonge
• geforseerd
• gemaak
• geprosesseer
• kunsmatig
• nagemaak
• onaards
• plasties
• sinteties
• teennatuurlik

Afgelei:
• onnatuurlikheid

Vertaling:
Engels: unnatural, artificial
Nederlands: onnatuurlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergesog
Volgende onderwerp: indiensneming
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 19:31:06 UTC 2024