hoogmoed [boodskap #144544] |
Wed, 31 January 2024 20:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoogmoed
Afbreking: hoog•moed
Samestelling: hoog + moed
Selfstandige naamwoord: hoogmoed
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Oormatige hoë dunk van jouself; dink dat jy beter as ander is.
Gebruik:
• Hoogmoed is een van die sewe dodelike sondes.
Spreekwoord:
• Hoogmoed kom voor 'n val. ['n Hoogmoedige mens sal verneder word.]
Sinoniem:
• aanmatigheid
• arrogansie
• egoïsme
• eiewaan
• eiewysheid
• grootheidswaan
• hoogmoedigheid
• hovaardigheid
• meerderwaardigheid
• neusoptrekkerigheid
• opgeblasenheid
• selfverheerliking
• selfverheffing
• snobisme
• trots
• verwaandheid
• trotsheid
• ydelheid
Afgelei:
• hoogmoedig
• hoogmoedswaan
Vertaling:
Engels: pride, hubris, haughtiness
Nederlands: hoogmoed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|