webblaaier [boodskap #144538] |
Tue, 30 January 2024 13:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
webblaaier
Afbreking: web•blaai•er
Samestelling: web + blaaier
Selfstandige naamwoord: webblaaier
Meervoud: webblaaiers
Verkleinwoord: webblaaiertjie
Meervoud van verkleining: webblaaiertjies
Betekenis:
• Program waarmee gebruikers na teks, prente en ander media op 'n webwerf kan kyk en die wêreldwye web kan deurkruis.
Gebruik:
• Maak seker dat jou webblaaier se taalvoorkeur na Afrikaans gestel is.
Sinoniem:
• deurblaaier
• webbladleser
• webleser
Vertaling:
Engels: web browser
Nederlands: webbrowser
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|