peetouer [boodskap #144526] |
Sun, 28 January 2024 12:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
peetouer
Afbreking: peet•ouer
Samestelling: peet + ouer
Selfstandige naamwoord: peetouer
Meervoud: peetouers
Betekenis:
• Die peetpa of peetma van 'n kind; persoon wat tydens 'n kind se doop beloof het om met die opvoeding te help.
Gebruik:
• Indien die ouers nie meer na die kind kan omsien nie, neem die peetouers die voogskap oor.
Sinoniem:
• doopgetuie
Hiponiem:
• peetma
• peetmoeder
• peetoom
• peetpa
• peettante
• peetvader
Vertaling:
Engels: godparent
Nederlands: peetouder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|