troonopvolger [boodskap #144524] |
Sun, 28 January 2024 11:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
troonopvolger
Afbreking: troon•op•vol•ger
Samestelling: troon + opvolger
Selfstandige naamwoord: troonopvolger
Meervoud: troonopvolgers
Betekenis:
• Persoon wat volgende in lyn is om 'n troon te bestyg.
Gebruik:
• Prins William is tans die troonopvolger en sal eendag sy pa, Charles III van die Verenigde Koninkryk, opvolg.
Hiponiem:
• erfprins
• kroonprins
• kroonprinses
Verwant:
• troonopvolging
Vertaling:
Engels: heir apparent
Nederlands: troonopvolger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|