aanblaas [boodskap #144500] |
Sat, 27 January 2024 08:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanblaas
Afbreking: aan•blaas
Samestelling: aan + blaas
Werkwoord: blaas aan, aanblaas
Verlede tyd: het aangeblaas
Betekenis:
• Om deur te blaas 'n vlam/vuur sterker te laat brand.
• (figuurlik) Om tot lewe te bring; lewendiger, sterker of erger maak.
Gebruik:
• Hy blaas die vuurtjie aan.
• Oral oor die wêreld sien ons hoe haat en verdeeldheid tussen mense aangeblaas word.
Sinoniem:
• aanhits
• aanpor
• aanstig
• aanwakker
• aanwaai
• ontvlam
• opstook
• opsweep
• opwaai
Antoniem:
• doodblaas
Afgelei:
• aanblaasinrigting
• aanblaser
• aanblasing
Vertaling:
Engels: to blow; to fan, stir up
Nederlands: aanblazen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|