gameet [boodskap #144494] |
Fri, 26 January 2024 11:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gameet
Afbreking: ga•meet
Selfstandige naamwoord: gameet
Meervoud: gamete
Betekenis:
• 'n Sel wat tydens bevrugting met 'n ander sel verenig.
Gebruik:
• Geslagtelike voortplanting vind plaas wanneer 'n manlike gameet met 'n vroulike gameet saamsmelt om 'n nuwe individu met eienskappe van beide ouers voort te bring.
Sinoniem:
• geslagsel
• voortplantingsel
Hiponiem:
• eiersel
• kiemsel
• ovum
• spermsel
Afgelei:
• gameties (b.nw.)
Verwant:
• agameet
Vertaling:
Engels: gamete
Nederlands: gameet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|