hoofkantoor [boodskap #144476] |
Thu, 25 January 2024 07:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofkantoor
Afbreking: hoof•kan•toor
Samestelling: hoof + kantoor
Selfstandige naamwoord: hoofkantoor
Meervoud: hoofkantore
Verkleinwoord: hoofkantoortjie
Meervoud van verkleining: hoofkantoortjies
Betekenis:
• Sentrale kantoor vanwaar 'n organisasie bestuur word.
Gebruik:
• Eskom se hoofkantoor, genaamd Megawatt Park, is in Johannesburg geleë.
Sinoniem:
• hoofkwartier
Antoniem:
• takkantoor
Vertaling:
Engels: head office, headquarters
Nederlands: hoofdkantoor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|