Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitsien
uitsien [boodskap #144464] Wo, 24 Januarie 2024 13:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18984
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitsien
Afbreking: uit•sien
Samestelling: uit + sien


Werkwoord: sien uit, uitsien
Verlede tyd: het uitgesien

Betekenis:
• Om verlangend op iets te wag.
• Om na die buitekant te kyk.
• Om 'n bepaalde voorkoms te hê.

Gebruik:
• Ek sien uit na die skoolvakansie.
• Kan 'n mens darem uit die hoë venster uitsien?
• Die toekoms het daar vir hom donker uitgesien.

Sinoniem:
• uitkyk
• afwag
• begeer
• hunker
• smag
• streef
• verlang

Afgelei:
• daaruitsien
• vooruitsien

Vertaling:
Engels: to look forward to; to look out; to appear
Nederlands: uitzien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afstandbeheer
Volgende onderwerp: waardering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:13:03 MGT 2024