deursettingsvermoë [boodskap #144458] |
Tue, 23 January 2024 12:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deursettingsvermoë
Afbreking: deur•set•tings•ver•mo•ë
Samestelling: deursetting + -s- + vermoë
Selfstandige naamwoord: deursettingsvermoë
Meervoud: deursettingsvermoëns
Betekenis:
• Die vermoë om ondanks teenslae vol te hou totdat die doel bereik is.
Gebruik:
• Jou geloof en deursettingsvermoë sal gedurende jou leeftyd male sonder tal getoets word.
Sinoniem:
• dryfkrag
• uithoudingsvermoë
• uithouvermoë
• vasberadenheid
• verduring
• volharding
• wilskrag
Vertaling:
Engels: persistency, persistence, drive
Nederlands: doorzettingsvermogen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|