modderskerm [boodskap #144449] |
Mon, 22 January 2024 11:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
modderskerm
Afbreking: mod•der•skerm
Samestelling: modder + skerm
Selfstandige naamwoord: modderskerm
Meervoud: modderskerms
Verkleinwoord: modderskermpie
Meervoud van verkleining: modderskermpies
Betekenis:
• 'n Skerm aan die bokant van 'n wiel wat keer dat water, modder, ens. opspat.
Gebruik:
• Hy jaag die hond weg wat sy been teen die modderskerm lig.
Sinoniem:
• skutbord
• spatbord
• spatskerm
Afgelei:
• modderskermklap
Verwant:
• modderflap
Vertaling:
Engels: mudguard, mudplate, fender
Nederlands: spatbord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|