enjinkap [boodskap #144447] |
Mon, 22 January 2024 11:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
enjinkap
Afbreking: en•jin•kap
Samestelling: enjin + kap
Selfstandige naamwoord: enjinkap
Meervoud: enjinkappe
Verkleinwoord: enjinkappie
Meervoud van verkleining: enjinkappies
Betekenis:
• Die kap (deksel) waaronder 'n motor se enjin sit.
Gebruik:
• Hy maak die enjinkap oop om met die motor se kragtige ses silinder inlyn kragbron te spog.
Vertaling:
Engels: bonnet
Nederlands: motorkap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|