lewenspolis [boodskap #144445] |
Sun, 21 January 2024 19:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lewenspolis
Afbreking: le•wens•po•lis
Samestelling: lewe + -ns + polis
Selfstandige naamwoord: lewenspolis
Meervoud: lewenspolisse
Verkleinwoord: lewenspolissie
Meervoud van verkleining: lewenspolissies
Betekenis:
• Versekering op iemand se lewe; 'n polis wat uitbetaal as die versekerde persoon weens siekte of 'n ongeluk tot sterwe kom.
Gebruik:
• 'n Lewenspolis betaal nie sommer uit as die polishouer vermoor is en die begunstigde verdink word nie.
Sinoniem:
• lewensdekking
Vertaling:
Engels: life cover, life policy
Nederlands: levensdekking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|