retoriek [boodskap #144422] |
Thu, 18 January 2024 08:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
retoriek
Afbreking: re•to•riek
Selfstandige naamwoord: retoriek
Meervoud: retorieke
Betekenis:
• 'n Manier van praat of skryf waarby baie mooie woorde, dikwels sonder veel inhoud, gebruik word.
Gebruik:
• Die politikus se toespraak is vol hol retoriek.
• Beantwoord die vrae in vakke soos wetenskap en biologie sonder retoriek, maar gebruik dit weelderig in tale, soos in Afrikaanse en Engelse vraestelle.
Sinoniem:
• breedsprakigheid
• gevleuelde woorde
• hoogdrawendheid
• mooiskrywery
• redekuns
• redenaarskuns
• redeneerkuns
• retorika
• welsprekendheid
• woordepraal
Verwant:
• retories
Vertaling:
Engels: rhetoric, wordcraft
Nederlands: retoriek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|