transponeer [boodskap #144416] |
Tue, 16 January 2024 20:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
transponeer
Afbreking: tran•spo•neer
Werkwoord: transponeer
Verlede tyd: het getransponeer
Betekenis:
• Om na 'n ander posisie oor te bring.
Gebruik:
• As mens 'n element van die een kant van 'n vergelyking na die ander kant transponeer, verander die teken (plus word minus en minus word plus), bv x+y=5 is dieselfde as x=5-y.
Sinoniem:
• oorbring
• oorsit
• rondskuif
• uitruil
• verplaas
Afgelei:
• transponeerbaar
• transponering
Afkorting:
• trs.
Vertaling:
Engels: to transpose
Nederlands: transponeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|