drupsgewys [boodskap #144411] |
Mon, 15 January 2024 19:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drupsgewys
Afbreking: drups•ge•wys
Byvoeglike naamwoord: drupsgewys
Attributief: drupsgewyse
Betekenis:
• Druppel vir druppel.
• (figuurlik) Bietjie vir bietjie.
Gebruik:
• Die chemikus gebruik 'n pipet om die mengsel drupsgewys af te meet.
• Die drupsgewyse betaling van salarisse plaas werkers in 'n geldelike verknorsing.
Wisselvorm:
• druppelsgewys
Vertaling:
Engels: drop by drop, dropwise
Nederlands: druppel voor druppel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|