Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onrus
onrus [boodskap #144404] So, 14 Januarie 2024 11:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onrus
Afbreking: on•rus
Samestelling: on- + rus


Selfstandige naamwoord: onrus
Meervoud: onruste

Betekenis:
• 'n Toestand van angs, spanning en oproerigheid.
• (verouderd) Wieletjie met 'n spiraalveer wat 'n horlosie laat tik.

Gebruik:
• Groot dele van die provinsie het onder onrus en plundertogte deurgeloop.
• Die horlosie se onrus het gebreek.

Spreekwoord:
• Wie onrus saai, sal moeite maai. [Wie slegte dinge doen, sal slegte gevolge dra.]

Sinoniem:
• agitasie
• ongerustheid
• oproerigheid
• opstand
• rebellie
• rusteloosheid
• verontrusting
• versteuring
• verstoring
• wanorde

Hiponiem:
• gewetensonrus
• rasseonrus

Afgelei:
• onrusbarend
• onrussaaier
• onrusstoker
• onrustig
• onrusspil
• onrusveer

Vertaling:
Engels: unrest, disturbance, turmoil
Nederlands: onrust

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beveiliging
Volgende onderwerp: privatiseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:35:20 MGT 2024