towerkuns [boodskap #144379] |
Fri, 12 January 2024 15:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
towerkuns
Afbreking: to•wer•kuns
Samestelling: tower + kuns
Selfstandige naamwoord: towerkuns
Meervoud: towerkunste
Verkleinwoord: towerkunsie
Meervoud van verkleining: towerkunsies
Betekenis:
• Die vermoeë om bonatuurlike kragte te gebruik.
• 'n Toertjie wat op die oog af onmoontlik lyk (kulkunde).
Gebruik:
• Tog het die towenaars met hulle towerkunste dieselfde gedoen en ook paddas oor Egipte laat kom. [Eksodus 8:7]
• Die nar probeer die kinders met sy towerkunsies te kul.
Wisselvorm:
• toorkuns
Sinoniem:
• goëlery
• goëlkuns
• heksery
• kulkuns
• magie
• toordery
• towerspel
Vertaling:
Engels: wizardry, witchcraft, sorcery, magic
Nederlands: toverkunst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|