aspirasie [boodskap #144361] |
Mon, 08 January 2024 12:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aspirasie
Afbreking: as•pi•ra•sie
Selfstandige naamwoord: aspirasie
Meervoud: aspirasies
Betekenis:
• Die wil om iets te bereik; strewe na 'n ideaal.
• (taalkunde) Uitspraak gekenmerk deur sterk uitaseming.
• (biologie) Die inaseming/opsuig van 'n gas of vloeistof.
Gebruik:
• Sy groot aspirasie is om 'n Springbok te word.
• In Wallies word die stemlose plosiewe en nasale deur middel van aspirasie uitgespreek.
• Sekondêre verdrinking is die gevolg van die aspirasie van water in die longe.
Sinoniem:
• ambisie
• begeerte
• drang
• inspirasie
• mikpunt
• strewe
• wens
• inaseming
• opsuiging
• wegsuiging
Afgelei:
• beroepsaspirasie
Vertaling:
Engels: aspiration
Nederlands: aspiratie
Nota:
• Aspirasie is die handeling van aspireer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|